Song Page - Lyrify.me

Lyrify.me

Oor En Oor by Glaskas Lyrics

Genre: pop | Year: 2006

Toe't die oggend gekom om te sê
Ek moet nou ophou om jou vas te hou
Maar hoe meer ek probeer om van jou af weg te beweeg
Hoe stywer wil ek aan jou vasklou
Wanneer ons hier in mekaar se arms lê
Is ek geneig om van tyd te vergeet

Want jy is 'n gedig aan my
En ek is mal daaroor om jou oor en oor te lees

Jy laat alles in my wegraak
Totdat jy al is wat ek sien
Ek is mal oor jou gesig teen myne
Bly altyd myne asseblief

Hou nog 'n bietjie vas aan my lyf
Want jy is 'n liedjie en ek is mal daaroor om jou oor en oor te skryf

Ek is mal daaroor as jy vra, soen my asseblief
Na alles wat ons deur is om weer bymekaar te wees het ek jou vreeslik lief
Streel nog 'n bietjie met jou vingers oor my vel
Want ons is 'n storie en ek is mal daaroor as ons dit oor en oor vertel