Song Page - Lyrify.me

Lyrify.me

Ek wonder by Glaskas Lyrics

Genre: pop | Year: 2008

Niks in hierdie wêreld
Kan ooit bevredig nie
Ek was vir te lank
Te tevrede

Niks wat ek sê
Is enigsins geregverdig nie
Maar die lewe is in elk geval
Glad nie regverdig nie

En ek wonder hoe kan ek
Vandag iets beteken
Net om more
Sinneloos te wees

Ek't nooit besef
Hoe stukkend ek is nie
Totdat jy my hart
Kom oop krap het

Ek't nooit besef
Hoe onvoltooid ek is nie
Totdat jy my voltooi het
En ek wonder hoe iemand dit weer sal kan doen
Ek't nooit vergeet bedoel
Toe ek gegroet het nie
Maar ek weet dit is soms moeilik
Om my te verstaan

Ek't gedink dis genoeg
Toe ek alles gee
Maar blykbaar het dit net soos
Die helfde gelyk

Ek wens daar was 'n manier
Om ander mense te help
Om te sien hoe my verduidlikings
In die regte lewe behoort te lyk

Ek't nooit besef
Hoe stukkend ek is nie
Totdat jy my hart
Kom oop krap het

Ek't nooit besef
Hoe onvoltooid ek is nie
Totdat jy my voltooi het
En ek wonder hoe iemand dit weer sal kan doen

Ek't nooit besef
Hoe stukkend ek is nie
Totdat jy my hart
Kom oop krap het
Ek't nooit besef
Hoe onvoltooid ek is nie
Totdat jy my voltooi het
En ek wonder hoe iemand dit weer sal kan doen